About Us
Pienkvoet-Pret bied reeds vanaf 2000 heerlike en omvattende stimulasie-en ontwikkelingsklasse aan wat jou kind se algehele ontwikkeling stimuleer. Babas vanaf 3maande tot 3jaar woon weekliks ons klasse by.
Ons doel is om aan ma's, pa's of oppassers die geleentheid te bied om in ‘n ontspanne atmosfeer speel-speel hul baba te stimuleer en te geniet. Hierdie is baie belangrike kwaliteit-tyd saam met mekaar. Klasse is eenkeer per week vir 90 minute lank.
Babas se eerste 1000 dae is ontsettend belangrik! Dis hier waar jy ‘n kind se boublokke vir die res van hul skoolloopbaan vorm.
David Feuerstein het gesê dat ‘n kind ‘n liefdevolle volwassene nodig het om die wêreld vir hom oop te sluit en betekenis daaraan te gee. By Pienkvoet-Pret leer ons jou hoe!
Babas kry ook die geleentheid om in ‘n veilige en vriendelike omgewing met ander kinders van hul ouderdomsgroep te sosialiseer. Die klasse vorm ook ‘n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir ouers- lewenslange vriendskappe word hier gesmee. Ons glo “It takes a village to raise a child”.
Klasse word aangebied in verskillende ouderdomsgroepe om te verseker dat ouderdom-spesifieke mylpale bereik word.
“Play is our brain’s favourite way of learning.” By Pienkvoet-Pret is dit ons hooffokus.
Kom vind jou “tribe”, kom vind jou kind. Word deel van hierdie wonderlike familie!
DRousseau
February 6, 2025 at 10:23 amEk en my dogtertjie love Pienkvoet Pret Midstream, by Tannie Tamsin. My dogtertjie dink sy gaan “skooltjie” toe om te leer en met “die maatjies” te speel. Dit is so ‘n vriendelike en caring environment, vir albei mamma en kind.
clarikejoubert@gmail.com
February 6, 2025 at 7:57 amMy twee dogtertjies is vreeslik opgewonde as dit tyd is vir tannie Landi se Pienkvoet Pret-klassies. Yolandi van Pienkvoet Pret Potchefstroom bied die klassies aan met soveel opgewondenheid en passie. Dit is só ‘n kwaliteit-tyd vir my as mamma met my twee pienkvoete. Ons leer, speel, ontwikkel en ontdek soos ons die aktiwiteite doen. Die beste van als is, ek hoef nie aktiwiteite uit te dink, daarvoor voor te berei of na ‘n aktiwiteit skoon te maak nie! Ons is dankbaar om al vir amper drie jaar deel van die Pienkvoet-familie te wees.
Marisa
February 6, 2025 at 6:09 amEk geniet die kwaliteitstyd met my baba so baie, maar ook die geleentheid om met ander ma’s te skakel. Yolandi se warm, bemoedigende en opvoedkundige leiding maak elke klas ‘n kosbare ervaring!… xxx Marisa Tallie